Introduction
Hoe het ek op young living olies besluit?
Ek borsvoed nou al vir twee jaar en voor dit was ek swanger so vir amper 3 jaar is daar so baie medikasie wat ek nie mag gebruik nie omdat dit my seuntjie se lewe in gevaar kan stel. Ek het aanhou soek vir iets wat ek kan gebruik wat veilig sal wees.
Iets wat sal help
- om my gemoed te lig
- om energie te gee
- wat sal help vir skete en pyne
- wat sal help vir sinus, hooikoors of allergieë
En die leis kan nog baie langer raak.
Wel ek het toe 'n natuurlike produk gekry wat gemaak is vir ons om te gebruik uit die natuur uit soos God dit beplan het om te wees.
Ek is so opgewonde en tevrede met die produk dat ek dit graag met almal wil deel.
Hoop julle is net so tevrede daarmee soos ek.
“Weerskante op die wal van die stroom sal allerlei vrugtebome groei. Hulle blare sal nie verlep nie en hulle vrugte sal nie opraak nie. Hulle sal elke maand dra, want die stroom se water kom uit die heiligdom. Die vrugte sal daar wees om te eet en die blare om genesing te bring.””
ESEGIËL 47:12 AFR83